Christusgesentreerd
‘n Paar gedagtes om jou denke te rig om jou hele hart op Christus te fokus:
-
Christus se werk is gerig op alle mense uit alle nasies, volke en tale – hoekom sou ons dan nie dieselfde doen nie? (Mat 28:18-20; Hand 2:7-11; Rom 10:12-13)
-
Christus is die hoof van die kerk – hoekom sal ons dan tradisies verkies wat die soewereiniteit van Christus op alle terreine – ook in die kerk – probeer inperk? (Hosea 6:6; Hand 15; Jes 1:11-14)
-
Christus is al wie gepreek moet word – hoekom hoor gelowiges lewelose dogmapreke (I Kor 2:2; II Kor 3:6)? Hoekom hoor gelowiges (wettiese) moet-preke wat sonder die verlossing is wat die lewende Christus vir die dag van vandag behoort te bring (Rom 5:20-21; Mar 2:22; Rom 8:1-2)? Hoekom is daar huiwering om Christus voor die gemeente se geloofsoë te laat lewe (I Tim 6:14) en om die blydskap entoesiasties te rig (Ps 100; Ps 149:1-3; Ps 150)?
INRIG – Lees ook:
Wat is God se wil? [WO-aanpak]