Die wil van God
Menu
  • Inleiding
  • Vermaning
  • Noodsaaklike vooraf-stappe
  • Gehoorsaam die Groot Gebod
    • Christus eerste
      • Christusgesentreerd
    • Gebed
      • Gebed Prikkelvrae
    • Groei
      • Groot Opdrag
        • Groot Opdrag Prikkelvrae
      • Gesonde organies-groeiende gemeentes
        • INRIG: Hoe lyk ‘n gesonde gemeente?
          • INRIG: Teologiese Begronding
          • INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeenskap)
          • INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeente)
          • INRIG: Gemeenteprofiel
            • Prikkelvrae: Gesonde Gemeentes
  • Ankers
    • Leierskap
    • Kommunikasie
    • Hersiening/Evaluering/Revisionering
  • Inleiding
  • Vermaning
  • Noodsaaklike vooraf-stappe
  • Gehoorsaam die Groot Gebod
    • Christus eerste
      • Christusgesentreerd
    • Gebed
      • Gebed Prikkelvrae
    • Groei
      • Groot Opdrag
        • Groot Opdrag Prikkelvrae
      • Gesonde organies-groeiende gemeentes
        • INRIG: Hoe lyk ‘n gesonde gemeente?
          • INRIG: Teologiese Begronding
          • INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeenskap)
          • INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeente)
          • INRIG: Gemeenteprofiel
            • Prikkelvrae: Gesonde Gemeentes
  • Ankers
    • Leierskap
    • Kommunikasie
    • Hersiening/Evaluering/Revisionering

Hersiening/Evaluering/Revisionering


Hierdie deel van die bedieningsproses is ook nuut in die praktyk van tradisionele gemeentes. Die bedoeling is om nie bloot net ‘n taak te doen en dan daarvan te vergeet nie, maar om die taak teen ‘n spesifieke tyd op te volg, te evalueer, te hersien en waar nodig te verander sodat dit nog meer effektief aanpas by die visie en missie van die gemeente. Elke taak word dus nagegaan en gewaardeer of geweeg/gemeet (gerevisioneer). Die taak wat uitgevoer word en wat afgehandel is, word dus weer onder oë geneem en waar dit nie aan die visie van die gemeente deurgevoer is nie, of nie visiegerig was nie, word dit verbeter. Op hierdie manier word gedurig gereformeer en verbeter en stilstand kan nie weer intree nie. Bekering terug na die Woord toe met groei wat daaruit na vore kom, is altyd deel van die langtermynproses .

Hierdie proses vra die volgende vraag: Wat is dit wat die Here nou opnuut van die gemeente verwag? Deur hersiening (evaluering, revisionering) word die 1) visie en missie (teologiese begronding) en 2) die inligting wat gekry is van die gemeenskap en die gemeente (kontekstuele begrondings) weer ondersoek om te sien hoe die proses waarin nou voortbeweeg is, deur die visie en konteks geraak is en hoe dit nou nog meer verbeter kan word. As daar dan intussen nuwe omstandighede ontstaan het, behoort daar weer volgens hierdie nuwe konteks beplan te word. Die nuwe omstandigheid word in die lig van die visie biddend onder oë geneem. Dit kan moontlik die bron van nuwe aspekte van die visie na vore bring; nuwe energie, nuwe entoesiasme en nuwe doelstellings kan na aanleiding daarvan ontstaan. Wanneer weer nuut ontdek, gedroom en beplan word, begin ‘n nuwe siklus wat na afloop van die taak, weer geëvalueer en hersien (gerevisioneer) behoort te word.

Hierdie proses van hersiening (revisionering) vorm deel van die twee ander gelyklopende strategieë (leierskap en kommunikasie), omdat die proses van hersiening gedurige leer impliseer. Leer deur refleksie is die heel beste leermetode by volwassenes. Die leerproses vind egter nie net teen die einde van die totale veranderingsproses plaas nie, aangesien evaluering en refleksie voortdurend in al die stadiums van die verskillende take behoort plaas te vind. Op hierdie manier word die leierskorps en die gemeente (deur goeie kommunikasie) gedurig verryk, omdat uit die vorige ervarings insigte verkry word. Dié insigte dien dan as kennis waarvolgens opnuut weer beplan word. Met dié nuwe kennis word nuwe besluite geneem om in die altyd-voortbewegende gemeentelike situasie gebruik te word.

Dié strategie se doel is dus om voortdurend op soek te wees na nuwe leerinsigte deur die voorheen gestelde doelwitte te evalueer en te hersien. Dit vorm ‘n volledige sirkel van doen, reflekteer, leer om dan opnuut weer te besluit wat deur elke taak gedoen moet word.

Om op hierdie manier in die kerkpraktyk te werk, word voorkom dat bloot oppervlakkig gefokus word op die neem van ’n besluit, met die bedoeling dat die taak so vinnig as moontlik afgehandel moet word wanneer die besluit uitgevoer is. Hierdie hersiening- en evalueringstrategie (revisionering) word deur elke gemeente self verfyn om momentum en beweging in ‘n gemeente te behou, om die gemeente by omstandighede by te hou (relevant te laat wees) en om te keer dat stilstand in die gemeente intree.

© 2015 GKSA

Die wil van God