Die wil van God
Menu
  • Inleiding
  • Vermaning
  • Noodsaaklike vooraf-stappe
  • Gehoorsaam die Groot Gebod
    • Christus eerste
      • Christusgesentreerd
    • Gebed
      • Gebed Prikkelvrae
    • Groei
      • Groot Opdrag
        • Groot Opdrag Prikkelvrae
      • Gesonde organies-groeiende gemeentes
        • INRIG: Hoe lyk ‘n gesonde gemeente?
          • INRIG: Teologiese Begronding
          • INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeenskap)
          • INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeente)
          • INRIG: Gemeenteprofiel
            • Prikkelvrae: Gesonde Gemeentes
  • Ankers
    • Leierskap
    • Kommunikasie
    • Hersiening/Evaluering/Revisionering
  • Inleiding
  • Vermaning
  • Noodsaaklike vooraf-stappe
  • Gehoorsaam die Groot Gebod
    • Christus eerste
      • Christusgesentreerd
    • Gebed
      • Gebed Prikkelvrae
    • Groei
      • Groot Opdrag
        • Groot Opdrag Prikkelvrae
      • Gesonde organies-groeiende gemeentes
        • INRIG: Hoe lyk ‘n gesonde gemeente?
          • INRIG: Teologiese Begronding
          • INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeenskap)
          • INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeente)
          • INRIG: Gemeenteprofiel
            • Prikkelvrae: Gesonde Gemeentes
  • Ankers
    • Leierskap
    • Kommunikasie
    • Hersiening/Evaluering/Revisionering

INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeente)


Terwyl die stuurspan besig is om vas te stel wat die visie en roeping/missie van die spesifieke gemeente is, behoort die gemeente self ook ondersoek te word. Die inligting wat gekry word help die stuurspan om te wee twat belangrik is om voor te beplan in die gemeente se missionale bediening.

Hieronder volg ’n paar voorbeelde wat die gemeentekonteks kan belig.

  • Elke gemeente is uniek en is binne sy eie punt van die lewensiklus. Die fases van die lewensiklus behoort nagegaan te word en die kenmerke van die fases waarin die spesifieke gemeente is, behoort van kennis geneem te word vir effektiewe beplanning.
  • Dan moet gekyk word na die gemeente se groei in die lig van die gemeenskap se demografie en die voortdurende veranderende gemeenskap.
  • Sake wat die bediening verder raak is die grootte van die gemeente (getalle) en die huidigebestuurstyl en of dit missionaal funksioneel binne die spesifieke gemeente (die familietipe gemeente, die pastorale tipe, die liggaamstipe, ’n korporatiewe of die tussen-in gemeente).
  • Die kennisvlak van die gemeente oor die krisis van krimpende gemeentes moet nagegaan word. Dit is nodig dat die gemeente die dringendheid van evangelisering volgens die Groot Opdrag as enigste oplossing vir groei besef.
  • Die stuurspan moet ook enige werklike beperkings en statistiese gegewens binne die gemeente nagaan.
  • Effektiewe kommunikasiemaniere binne die gemeente, asook ander moontlike kommunikasiemaniere om met buite-gemeentelike mense te skakel, behoort ondersoek te word.
  • Die gemeente se beskikbare hulpbronne moet duidelik van kennis geneem word, sodat die kerkstrukture funksioneel vernuwe kan word indien nodig, byvoorbeeld die beskikbare fisiese fasiliteite, die infrastruktuur, uitbreidingsmoontlikhede, finansies, personeel, mense en tyd as gemeentelike gawes en die beskikbaarheid van enige ander eksterne hulpbronne.
  • Die kultuur van die gemeente, die teologie en styl van die bediening en die implementeerbaarheid van dissipelskap moet nagegaan word.
  • ‘n Lys moet opgestel word waarin die gemeentelike klimaat saamgevat word en waarvolgens die stuurspan konstruktief kan beplan. Tydens die bekeringsproses word emosies soos angs, woede, onsekerheid, maar ook waagmoed, opwinding en vreugde waargeneem. Die mate van ’n mensvriendelike gesindheid en ‘n Afrika-gerigtheid moet nagegaan word ter wille van effektiewe beplanning. So ook die vlak van verdraagsaamheid teenoor sake waarvan soms liefs nie gehoor wil word nie, maar ook die voorkoms van situasies rondom lidmate wat nie die status quo-taal praat nie en gevolglik maklik geïsoleer word. Omdat die gemeente in ‘n bekerende beweging is, behoort die stuurspan die stand van emosies te ondersoek, dit te leer ken en te hanteer sodat rigting behou kan word en nie deur enige vorm van negatiwiteit afgeskrik word nie.
  • Aansluitend moet die oorlewingsmentaliteit nagegaan word. Dit beteken of die gemeente hulself na binne keer, of of daar na God se Groot Opdrag as eenheidsisteem geluister word en of daar na die gemeenskap uitgereik word. Die emosionele reaksievlak, weerbaarheid en intensiteit van die gemeente én die leiers, persoonlike voorkeure en eie agendas, afsydigheid teenoor nuwe lidmate, geneigdheid om konflik te ontlok en ’n wen-verloor mentaliteit, moet ondersoek word. So ook die bestaan van enige ongesonde blokkasies, belydenisse daarvan en of aanvaarding van God se vergifnis plaasvind, en ook of daar vergifnis onderling tussen gelowiges is.
  • Omdat die bekeringspad so ingrypend is, behoort die stuurgroep ondersoek in te stel oor diegereedheid van die gemeente om te verskuif, te bekeer en te verdiep. Die vloeibaarheid en aanpassingsvermoë van die gemeente moet eerlik nagegaan word ter wille van voorbereiding van die gemeente op dit wat beplan word vir die missionale gemeente. Hierby sluit aan die vlak van gearriveerdheid en die mate van ’n status quo-toestand wat teenwoordig of afwesig is. Wat ook ondersoek moet word is of die gemeente werklik besef dat daar ‘n krisis bestaan en of die gemeente deel uitmaak van die krisis van sterwende gemeentes.
  • Nog ‘n saak wat ondersoek moet word, is die gelowiges as gemeentelike gawes. Dit is nodig om deeglik bewus te wees van elkeen se potensiaal en ook die gemeente se groeipotensiaal in diensbaarheid wasstel.
  • Lidmate se persoonlike godsdiensbelewing, die menslike verskeidenheid, vaardighede en talente moet van kennis geneem word.
  • Waarna die ondersoek verder kan kyk, is die gemeente se behoefte aan God se sorg, verlossing en bewaring, die spiritualiteitstipes en houdings en uitlewings wat hedendaags ontwikkel en tot die vorming van individuele en gemeentelike waardes lei. Van groot belang is die nagaan van die toenemende nuwe gelowigheid wat nie noodwendig verkeerd is nie, maar bloot net anders is (hou die nuwe-wyn-nuwe-sak-beginsel hier vas – Mat 7:19). Die hedendaagse wegbeweeg van vormgodsdiens, maar ook die toenadering tot charismatiese denke en oorlopery na sulke gemeentes moet ernstig ondersoek word.
  • Waarna ook gekyk kan word, is die gemeentelike seisoene wat oor die afgelope paar jaar beleef is, of daar ’n lae, gemiddelde of hoë vlak van geestelikheid is, of strukture aangepas behoort te word, of meting wat gestelde doelwitte enigsins deurgevoer is en hoe kommunikasie plaasvind.

Opsomming tot dusver:

  1. Dink terug aan die E-S-B-vooraf-proses. Die gemeente moet werklik bekeerd wees en die heeltyd in afhanklike gebed staan. Terselfdertyd is die leierskapstrategie, die kommunikasie strategie en die hersieningstrategie (revisioneringstrategie) in plek gekry.
  2. Die Groot Liefdesgebod is die hoofriglyn vir bekering: Christus bo alles, gebed bo alles, GrootOpdrag en gesondeorganies-groeiende gemeentes.
  3. Huiswerk is gedoen op teologiese vlak. Die gemeente se visie en roeping/missie en identiteit is vasgestel.
  4. Terselfdertyd is huiswerk no. 1 gedoen op kontekstuele vlak. Daar is uitgevind wie en wat die gemeenskap is waarbinne hierdie die gemeente moet groei.
  5. Terselfdertyd is huiswerk no. 2 gedoen op gemeentelike vlak. Daar is uitgevind wie diegemeente is wat moet groei.
  6. Wanneer gesprek gevoer word en nuwe denke deur die Here afgebid word, is die WO-aanpak baie nuttig.

© 2015 GKSA

Die wil van God