Die wil van God
Menu
  • Inleiding
  • Vermaning
  • Noodsaaklike vooraf-stappe
  • Gehoorsaam die Groot Gebod
    • Christus eerste
      • Christusgesentreerd
    • Gebed
      • Gebed Prikkelvrae
    • Groei
      • Groot Opdrag
        • Groot Opdrag Prikkelvrae
      • Gesonde organies-groeiende gemeentes
        • INRIG: Hoe lyk ‘n gesonde gemeente?
          • INRIG: Teologiese Begronding
          • INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeenskap)
          • INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeente)
          • INRIG: Gemeenteprofiel
            • Prikkelvrae: Gesonde Gemeentes
  • Ankers
    • Leierskap
    • Kommunikasie
    • Hersiening/Evaluering/Revisionering
  • Inleiding
  • Vermaning
  • Noodsaaklike vooraf-stappe
  • Gehoorsaam die Groot Gebod
    • Christus eerste
      • Christusgesentreerd
    • Gebed
      • Gebed Prikkelvrae
    • Groei
      • Groot Opdrag
        • Groot Opdrag Prikkelvrae
      • Gesonde organies-groeiende gemeentes
        • INRIG: Hoe lyk ‘n gesonde gemeente?
          • INRIG: Teologiese Begronding
          • INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeenskap)
          • INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeente)
          • INRIG: Gemeenteprofiel
            • Prikkelvrae: Gesonde Gemeentes
  • Ankers
    • Leierskap
    • Kommunikasie
    • Hersiening/Evaluering/Revisionering

INRIG: Gemeenteprofiel


(Kerkpraktyklike begronding)

Die gemeenteprofiel is inligting wat oor die praktyk van gemeente gekry word. Dit inligting word deur middel van ‘n vraelys gekry. Nadat die vraelyste verwerk is, word die profiel saamgestel en dit dui aan wat die swakste tot die sterkste punte in die kerkpraktyk van die spesifieke gemeente is. Die profiel wys waar die praktyk van die kerk staan en dit is die punt waarvandaan dan spesifiek beplan word om die gemeente op te bou. Dit is ‘n tydsame proses, maar met doelgerigte beplanning, die uitvoering daarvan en die evaluering daarvan, word groei ervaar. Die kerkpraktyk behels ‘n hele klomp sake en hierdie sake is met mekaar vervleg.Die proses om aandag aan hierdie klomp sake te gee en gesond te word, word van die begin af gekenmerk deur1) nie die eie wil laat geld nie, maar slegs die wil van die hoof, Jesus Christus2) ware gebedsafhanklikheid,3) gehoorsaamheid aan die Groot Opdrag (missio Dei),4) met jou hele verstand te werk gaan om moontlik te maak dat ‘n gemeente gesond kan wees enorganies te kan groei.

Omdat die gesondheid van ‘n gemeente selde of ooit aandag gekry het, behoort eers gekyk te word hóé dit gedoen behoort te word. Daar kan kers opgesteek word by Churchwise wat reeds vir langer as dertig jaar wêreldwyd gemeentes hierin bystaan. Dié instansie het ‘n vraelys wat op ‘n wetenskaplike manier saamgestel is. Dit staan die stuurspan egter vry om aanpassings aan die vrae aan te bring as die gemeentelike konteks daardeur bevoordeel sou word.

Die agt punte wat reeds op ‘n ander bladsy bespreek is, word dan in die vraelys gebruik. Die vraelys gee die stuurspan dan ‘n idee van wat die sterkste en gesondste saak, maar ook wat die swakste en ongesondste saak binne die spesifieke gemeente is. Terselfdertyd word die stand van die ander ses sake ook gewys. Die profiel wys dus waarin die gemeente in praktyk die sterkste is tot by die swakste punt. Hierdie inligting word biddend deur die stuurspan verwerk of aan Churchwise gestuur vir verwerking. Die verwerkte inligting word dan terug ontvang. en die stuurspan aanvaar hierdie inligting as ‘n riglyn waarmee gewerk kan word om die gesondheid in die gemeentepraktyk te probeer verbeter. Dit gebeur deurdat hulle biddend en met gesonde verstand elkeen van die agt punte binne die gemeente se konteks in die lig van die vier beginsels en visie/roeping interpreteer en só beplan dat groei mettertyd ‘n moontlikheid kan wees. Die profiel as rigtingwyser word bekend gemaak aan die leraar, al die leiers van die gemeente en al die ander lidmate, sodat die hele gemeente hulle saam voor die Here kan verootmoedig en om leiding kan smeek.

Die leraar as herder van die gemeente word deur die gemeenteprofiel bemagtig. Hy besef hy staan nie alleen in die praktyk nie. Hy, saam met die res van die gemeente, weet dus wat die sterkste, sterk, swakker en swakste sake in die gemeente is en hy kan sy prediking en bediening daarop fokus, terwyl hy saam met die gemeente aan die visie, roeping (teologiese begronding) en konteks (kontekstuele begronding) van die gemeente as gelyklopende koersgewers vashou. Ten slotte toets hy self ook sy eie koers aan die vier hoofbeginsels (Christus, gebed, Groot Opdrag, gesonde organies-groeiende gemeentes). Die leraar as herder behoort die rigtinggewende sake dankbaar, biddend en ywerig voor die oë van die kerkraad en gemeente te volg. Die proses is immers ‘n gebedsaak wat oor tyd in beweging gekom het en ‘n bewys is dat die wil van God in hierdie spesifieke gemeente gehoorsaam aanvaar en uitgeleef wil word.

Gemeentegroei kom in beweging omdat die gemeente dan as geheel só bestuur word dat daar werklike, doelgerigte opbou in die hele gemeentepraktyk kan plaasvind, maar ook dat daar terselfdertyd werklike uitbou plaasvind. ‘n Gemeente sal immers nét gesond kan wees as mense van buite die gemeente deel word van dié in die gemeente of deel word van dié in ‘n nuut geplante gemeente.

Lees ook: Prikkelvrae rondom die agt punte van (on)gesonde gemeentes

Opsomming tot dusver:
  1. Dink terug aan die E-S-B-vooraf-proses. Die gemeente moet werklikbekeerd wees en die heeltyd in afhanklike gebed staan. Terselfdertyd is die leierskapstrategie, die kommunikasie strategie en die hersieningstrategie (revisioneringstrategie) in plek gekry.
  2. DieGroot Liefdesgebod is die hoofriglyn vir bekering: Christus bo alles, gebed bo alles, GrootOpdragen gesondeorganies-groeiende gemeentes. – Huiswerk is gedoen op teologiese vlak. Die gemeente se visie en roeping/missie en identiteit is vasgestel.
  3. Huiswerk is gedoen opkontekstuele vlak. Daar is uitgevind wie en wat die gemeenskap is waarbinne hierdie die gemeente moet groei. Huiswerk is ook op gemeentelike vlak gedoen. Daar is uitgevind wie diegemeente is wat moet groei.
  4. Huiswerk is gedoen op kerkpraktyklike vlak. Deur die gemeente se profiel vas te stel is riglyne gekry watter sake in die kerk se praktyk volgens prioriteit aan gewerk moet word deur aksieplanne daar te stel. Die aksieplanne word beplan met die vier hoofriglyne altyd in gedagte: Om Christus te eer word in gebed gesmeek om leiding dat die Groot Opdrag aktief uitgevoer kan word en dat die gemeente gesond sal word sodat Christus in die gemeente gehoorsaam sal word.
  5. Die WO-aanpak is nuttig wanneer gesprek gevoer word.

© 2015 GKSA

Die wil van God