Groot Opdrag Prikkelvrae
‘n Paar gedagtes om jou denke te rig dat God jou roep om die Groot Opdrag met al jou krag uit te voer:
-
Gelowiges se opdrag is om Christus se liefde vir mense te wys – hoekom is gelowiges bang, ongeërg en liefdeloos daaroor? (2 Kor 5:14-15)
-
Christus se sending word vir mense gegee om te doen – hoekom ignoreer gelowiges die belangrikste opdrag van die laaste dae? Hoekom word dit – in skynbare gelowigheid – vir dieGees gelos om te doen? (Mat 24:12)
-
Christus gee die opdrag vir elke gelowige – hoekom dryf dit nie gelowiges nie? Hoekom bou die prediking nie die gemeente hierin op nie? (2 Tim 4:2)
-
Christus stel in die Groot opdrag dat die kerkpraktyk as ‘n eenheid na binne moet groei deur opbou, maar terselfdertyd van buite af moet groei en so in getalle toeneem - hoekom sukkel gelowiges met die balans in uitbou en opbou as eenheid? (Hand 2:37-41)
-
Christus sê dat gelowiges moet vra as hulle kennis, ervaring, moed en begrip kortkom – hoekom word daar dan so min gebid oor die Groot Opdrag van opbou en uitbou? (Jak 4:2)
INRIG – Lees ook:
Hoe fokus mens al jou krag op die Groot Opdrag? [WO-aanpak]