Die wil van God
Menu
  • Inleiding
  • Vermaning
  • Noodsaaklike vooraf-stappe
  • Gehoorsaam die Groot Gebod
    • Christus eerste
      • Christusgesentreerd
    • Gebed
      • Gebed Prikkelvrae
    • Groei
      • Groot Opdrag
        • Groot Opdrag Prikkelvrae
      • Gesonde organies-groeiende gemeentes
        • INRIG: Hoe lyk ‘n gesonde gemeente?
          • INRIG: Teologiese Begronding
          • INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeenskap)
          • INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeente)
          • INRIG: Gemeenteprofiel
            • Prikkelvrae: Gesonde Gemeentes
  • Ankers
    • Leierskap
    • Kommunikasie
    • Hersiening/Evaluering/Revisionering
  • Inleiding
  • Vermaning
  • Noodsaaklike vooraf-stappe
  • Gehoorsaam die Groot Gebod
    • Christus eerste
      • Christusgesentreerd
    • Gebed
      • Gebed Prikkelvrae
    • Groei
      • Groot Opdrag
        • Groot Opdrag Prikkelvrae
      • Gesonde organies-groeiende gemeentes
        • INRIG: Hoe lyk ‘n gesonde gemeente?
          • INRIG: Teologiese Begronding
          • INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeenskap)
          • INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeente)
          • INRIG: Gemeenteprofiel
            • Prikkelvrae: Gesonde Gemeentes
  • Ankers
    • Leierskap
    • Kommunikasie
    • Hersiening/Evaluering/Revisionering

Kommunikasie


Die dringendheid vir verandering binne gemeentes kan nie oordryf of oorbeklemtoon word nie – veral dié gemeente wat tot die besef gekom het dat daar ’n stilstand/status quo-toestand heers. Alhoewel die gemeentelede dit behoort te besef, is dit die taak van die leiers om voortdurend bewus te wees van die dringendheid van die toestand. Dis ook hulle taak om te bepaal of voldoende kommunikasie binne die gemeente plaasvind. Kommunikasie is en bly die bloedtoevoer in die gemeente, soveel te meer wanneer ‘n veranderingsproses dringend moet plaasvind. Daarom kan kommunikasie, naas die leraar, een van die grootste stremmende faktor in die proses wees.

Faktore wat lei tot gebrekkige kommunikasie is die swak of geen besef van die dringendheid van ernstige en diepgaande verandering nie, ’n gebrekkige visioneringspan/stuurspan met die gevolglike onderskatting van die visie as die rigtinggewende kernsaak, asook die neiging om toe te laat dat allerlei hindernisse die visie ondermyn. Samevattend is die ontoegewyde mens die oorsaak van gebrekkige kommunikasie.

Kommunikasie is die insluitende, deurslaggewende, omvattende en bepalende kenmerk tussen mense. Deur kommunikasie word gehoorsaamheid aan die liefdesgebod gewys. Verhoudings wat versorg word deur bewustelike omgee en gesprek/dialoog/kommunikasie, bestaan nie net nie, maar floreer. Wanneer die kommunikatiewe WO-aanpak ook al gebruik word, word verhoudings tussen gemeentelede versterk. Enige kommunikatiewe situasie kan dus positief benader word deur die regte waarderende vrae te stel (Artikel: WO as nuttige instrument vir verandering ).

Aan die begin van die proses kan kommunikasie moontlik baie emosioneel wees. Dit is verstaanbaar omdat die gemeente die veranderinge aan die begin emosioneel beleef (kyk weer na die stoomrollerproses). Omdat emosies volgens die stoomrollerproses makliker verstaan kan word, kan die leierskap deur kommunikasie effektief daarby aansluit en die gemeente rigtingvas volgens die visie en missie bly stuur (kyk weer teologiese begronding).

Om deur kommunikasie by die gemeente uit te kom, behoort kennis geneem te word van die feit dat die kommunikatiewe stappe dieselfde stappe is as in stoomrollerproses. Ter verfrissing lyk die stoomrollerproses soos volg: ’n Gevoel van ontstigting, ontkenning en weerstand ontstaan. Die nuwe gebeure wat dié gevoel veroorsaak het, word behoorlik onder oë geneem met die gevolg dat tot bekering/insigte gekom word en die verlede losgelaat word. Omdat die punt bereik word dat daar geen ander uitweg is as om bekerend te verander nie, word dan op die onbekende wat voorlê, gefokus. Mettertyd word oor die nuwe moontlikhede van die toekoms gedroom en gebid en nuwe moontlikhedeword ontdek. Toewyding aan en entoesiasme oor nuwe aksieplanne word opmerklik en die veranderinge word al hoe meer aanvaar as die wil van God..

Leiers behoort dus in gesprekke sensitief bewus te wees van sommige lidmate se reaksies, omdat hulle kennis dra van die stoomrollerproses en die gedrag wat verwag kan word. Hulle behoort bewustelik en toepaslik hiervolgens op te tree. Leiers behoort te onthou dat die linkerkant van die grafiek op emosies fokus en dat die regterkant van die grafiek op logika/rede fokus. Dit is dus ’n aanvaarbare en logiese verskynsel dat ontmoedigende en emosiebelaaide gedrag kan voorkom voordat meer logiese kommunikasie begin. Emosionele gedrag behoort daarom nie die leiers te ontstig of moedeloos te maak nie.

Wanneer emosionele kommunikasie in ‘n gemeente waargeneem word, behoort leiers meer te luister en bewus te wees van die feit dat luister nie noodwendig toegee of saamstem beteken nie. Leiers behoort ook deur kommunikatiewe swye die gemeente te lei deur die gemeente die kans te gee om selftot ‘n besluit (rede en logika) te kom. Deur te luister kry die leier die reg om ná die luisterproses ook nageluister te word. Wanneer dan na die leier geluister word, kan verdere inligting, motivering en rigting gegee word. Kommunikasie as die kanaal van die veranderingsproses moet voortdurend enherhaaldelik deurgevoer word, hoofsaaklik omdat elke lidmaat sy/haar eie tempo in die leerproses het.

Omdat elke lidmaat sy/haar eie pas het, kan die proses nie aangepak word as die kommunikatiewe proses nog nie die momentum by die draaipunt van die stoomrollerproses gekry het nie. Dit is daarom baie nodig dat ’n kommunikatiewe strategie vanaf die eerste stap van die veranderingsproses in werking gestel behoort te word. Daar behoort onder andere aan gewerk te word om soveel moontlik gemeentelede teenwoordig te hê wanneer gesprekke gevoer word en dat soveel as moontlik lidmate mettertyd bemagtig word. Kommunikasie saam met bemagtiging, fokus hoofsaaklik op twee vrae, naamlik:

  1. Wat is dit wat gekommunikeer moet word, en
  2. is die planne daarvoor só dat dit suksesvol deurgevoer kan word binne die hele gemeente?

Gilbert (2004:303) praat oor taal waardeur lidmate bemagtig word, soos volg: “Empowerment is not a program or even a training course. It’s a gift from God”.

Die kommunikatiewe aanpak behoort deel te wees van die gemeente, die leierskorps, maar veral van die leraar. Kommunikasie as kanaal bly elke dag van elke week die bloedtoevoer in die veranderingsproses. Kommunikasie behoort dus konstant en versigtig hanteer te word. Dit beteken verder dat die gebruik van taal effektief moet wees. Die gemeente verwag duidelikheid en deursigtigheid. Buitengewone moeite behoort gedoen te word om binne die gemeente bepaaldewoorde funksioneel en herhalend te gebruik. Woordkeuse ter wille van goeie kommunikasie is van uiterse belang, omdat sekere beelde/terme die menslike aandag vasvang, soos byvoorbeeld die gebruik van metafore. Versigtig gefokusde woordkeuses om denke te rig volgens die visie, behoort nie net vir die prediking, Bybelstudies en gesprekke gekies te word nie. Versigtig gefokusde woordkeuse behoort ook in die opstel van nuusbriewe, kennisgewings en dies meer gebruik te word.

Veral die metafoor kommunikeer baie goed en help om ‘n spesifieke saak makliker te verstaan. ’n Metafoor het krag omdat die betekenis van die metafoor direk met menslike ervaring verbind word. Op unieke wyse kan die leraar, leiers en die stuurspan gebruik maak van metafore soos die vloei van ’n rivier, op-pad-wees, om ’n berg te klim, ’n kerkgebou, ‘n liggaam en dies meer.

Metafore wat in die Skrif gebruik word en waarby direk aangesluit kan word, is die kerk as liggaam van Christus, of as saailand, of as gebou (I Kor 3:9). Die natuurmetafoor wat beteken dat groei vanself plaasvind (organies), vind direk aansluiting by gelowiges. Metafore help om op ‘n maklike manier gouheeltemal te verstaan wat bedoel word. Deur metafore kan verandering letterlik teen die spoed van verbeelding plaasvind.

Wanneer die belangrike saak van die visie aan gewerk word, is dit dus baie belangrik om eenvoudigeen effektiewe taal te gebruik. Saam met metafore is die gebruik van analogieë en voorbeelde ook effektief. Herhaling behoort báie hoog geag te word en die gebruik van vrae kan altyd gebruik word, omdat dit mens aan die dink kry.

‘n Paar voorbeelde van vrae is: Hoe word met gemeentelede kontak gemaak en hoe effektief is dit?

Bied die huidige kerkstruktuur genoeg en ook alternatiewe maniere om kontak te maak?

Sal daar meer aksie en reaksie by die gemeente wees as van alternatiewe metodes gebruik gemaak word?

Watter ander instrumente kan gebruik word om meer mense te bereik?

Word tegnologie werklik ten volle in die kerk benut?

Is daar ánder beskikbare tegnologie waarvan ook gebruik gemaak kan word?

Kommunikasie as strategie is egter net moontlik en effektief as die leierskap dit na waarde ag en in alle dele van die kerkpraktyk laat werk.

© 2015 GKSA

Die wil van God