INRIG: Kontekstuele Begronding (Gemeenskap)
Kontekstuele begronding: Gemeenskap
(Artikel: Aspekte van ‘n omkeerproses )
Wanneer die stuurspan besig is om vas te stel wat die visie en roeping van die spesifieke gemeente is, word huiswerk gedoen oor die gemeenskap waarbinne die spesifieke gemeente geleë is. Die inligting wat gekry word van hoe die gemeenskap rondom die kerk lyk, is wat gebruik gaan word in die beplanning van die gemeente se missionale bediening.
Omdat elke gemeente daagliks aan die veranderende samelewing blootgestel word, is dit nodig om ‘n oorsig te kry van van die afgelope 10 tot 15 jaar se belangrikste ontwikkelinge in die gemeenskap, maar ook op die impak daarvan op die gemeente vas te stel.
Deur hierdie ondersoek kan die opkoms van nuwe bedreigings of vyande gesien word, soos dwelmgebruik en dwelmtoename, satanisme, vermaak, kerklike (dwaal)stromings en nie-bybelse strominge. Gesprekke met gemeenskapsleiers behoort gevoer te word om die invloed van die gemeente in die gemeenskap te probeer vasstel, terwyl ander kulture, tale, denominasies, buurgemeentes, ringe of klassisse, sinodes en die stadsraad ook deel van die ondersoek behoort te wees. Politieke en maatskaplike faktore, byvoorbeeld misdaad, veiligheid, werksdruk en werkstres, regstellende aksie, werkloosheid, armoede, molestering, kinderverwaarlosing, rolverdeling, huwelikstendense en siektetoestande, soos onder andere vigs, is ‘n paar voorbeelde van sake wat ondersoek moet word. Daarna moet die inligting ontleed word, sodat die gemeente weet wat om te beplan om die wil van God binne die gemeenskap te kan uitvoer.
Opsomming tot dusver:
-
Dink terug aan die E-S-B-vooraf-proses. Die gemeente moet werklik bekeerd wees en die heeltyd in afhanklike gebed staan. Terselfdertyd is die leierskapstrategie, die kommunikasie strategie en die hersieningstrategie (revisioneringstrategie) in plek gekry.
-
Die Groot Liefdesgebod is die hoofriglyn vir bekering: Christus bo alles, gebed bo alles,Groot Opdrag en gesonde organies-groeiende gemeentes.
-
Huiswerk is gedoen op teologiese vlak. Die gemeente se visie en roeping/missie en identiteit is vasgestel.
-
Terselfdertyd is huiswerk no. 1 gedoen op kontekstuele vlak. Daar is uitgevind wie en wat die gemeenskap is waarbinne hierdie die gemeente moet groei.
-
Wanneer gesprek gevoer word en nuwe denke deur die Here afgebid word, is die WO-aanpak baie nuttig.